Wat is bewustheid of “mindfulness”?

Dit is die vermoë om bewus te wees van jou gedagtes, emosies, fisieke sensasies en aksies in die huidige oomblik; dus in die hier-en-nou.

Dit beteken jy moenie jouself of ander oordeel nie en jou ervaring van die hier-en-nou geheel en al aanvaar, sonder oordeel.

Voorbeelde hiervan is om bewus te wees van wat in jou gedagtes maal op die oomblik waarin jy jouself tans bevind, waarokal jy sit, staan of lê.

Om byvoorbeeld bewus te wees van die klanke romdom jou, wat jy in jou hande voel (byvoorbeeld ‘n koppie met koffie in – voel die beker, sy tekstuur, sy glans, sy hitte, die reuke).

Voel hoe jou hart klop.

Voel ek gelukkig, hartseer, kwaad, alleen, opgewonde, verlore, angstig, teneergedruk, hulpeloos, magteloos, verveeld? – En daar is nog soveel ander emosies.

Bewustheid wil ons leer om 100 % teenwoordig te wees in ons eie lewens.

Hoeveel keer bestuur ons nie, en wanneer ons by die huis kom, het ons geen idee watter roete ons geneem het nie? Ek het geen boom, blom of mens langs die pad raakgesien nie.

Waarom is bewustheid belangrik?

Dit isbelangrik omdat ons aanvaarding van onsself en die pad wat ons loop in die lewe tot ‘n groot mate ons geluk bepaal.

Daarvoor het ek byvoorbeeld nodig om my humeur in toom te hou. Ek het nodig om met begrip en selfrespek op te tree.

Maar om ‘n waarlike gelukkige lewe te lei, het ek nodig om allerlei stres, teleurstellings, emosionele en dikwels fisieke pyn te hanteer.

Dit is dus belangrik om myself te ken, en bewus te wees van my eie selfoordeel sowel as my oordeel teenoor ander, wat dikwels my emosies oorweldig.

‘n Wyse verstand is een wat gesonde besluite kan neem, en oordeel aan die dag le, veral wanneer jy intense emosies ervaar.

Dit is dan juis die tyd om jou gedagtes en gevoelens te ontleed en te prioritiseer sodat jy meer gebalanseerde en positiewe besluite kan maak.

Dit help om 3 kolomme te maak:

  • Die eerste is jou  gevoelens en gedagtes
  • Die tweede is die krisis wat dit skep
  • En die derde is wat die beter oplossing sou wees as wat jy huidiglik aanwend.

Dan ontdek jy dat om te oordeel nie werk nie en geduld word benodig, selfaanvaarding word belangrik. Vertroue in jouself is ‘n vereiste.

My verdere raad is:

  • Verstaan jou verwagtinge
  • Speel die “worst case scenario” in jou gedagtes af
  • Leer uit jou foute
  • Wees passievol en gee onvoorwaardelik aan ander.
  • Waardeer die klein dinge in die lewe
  • Visualiseer jou einddoel
  • Wees dankbaar

Dink hieraan; as ‘n mens sou kon aanvaar dat elke oomblik van ‘n dag ‘n nuwe begin is, hoeveel verandering kan jy nie teweeg bring in jou en in ander se lewens nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *